YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 196p.
R100.00
Sjoe, gemeet aan die Bybel is jy darem maar baie onvolmaak, nè? Jy probeer so hard om die regte dinge toe doen en die regte pad te loop, net om weer die taxibestuurder te vloek en die hond te skop. Dan voel jy vir dae lank skuldig en dink God is kwaad vir jou. Dis heeltemal menslik om daarna weer vir die bedelaar by die verkeerslig ‘n geldjie te gee om jou gewete te sus.
Ek het goeie nuus vir jou: terwyl jy hier op aarde is, gaan jy nooit volmaak kan word nie. God is nooit teleurgesteld in jou nie, want Hy het nooit enige onrealistiese verwagtinge van jou nie.
Nadat jy ‘n keuse vir Jesus gemaak het (NUUT word), kan die Heilige Gees jou daagliks begin verander (NICE maak). Dis reg, hier op aarde kan jy net meer en meer nice word, maar jy sal eers in die hemel perfek word. Van Nuut tot Nice gee praktiese raad en bemoedig jou op hierdie pad van heiligmaking saam met God. In hierdie boek gaan ons Bybel toe en gaan soek die waarheid oor onderwerpe soos: wat is kerk, geloof, Christenskap, die Heilige Gees, genesing, liefde, die duiwel en nog vele meer.
Hierdie boek sal jou leer wat dit is om NICE (Net In Christus Effektief) te word. Geniet die rit!