Die Gehoorsame Kind – Manie & Luzette Jackson
Dit is vir my ’n voorreg om Die Gehoorsame Kind aan te beveel. Manie en Luzette Jackson skryf maklik leesbaar, vloeiend en logies, maar agter die eenvoud lê diepte. Elke beginsel is op Skrif gegrond, en die oproep tot gehoorsaamheid kom nie as ’n las nie, maar as die vrug van genade en ’n liefdevolle uitnodiging van die Vader na Sy kinders.
Dit is ’n praktiese gids vir stiltetyd, huisgodsdiens en Bybelstudie, vir jong en ouer gelowiges. Ek beveel dit te sterkste aan vir gelowige kinders van YAHWEH. Mag dit in eerbied en gebed gelees word, tot eer van ons hemelse Vader.
~ Ds. Jaco Marnewick