My Stories – Pieter Mienie
A5, 92p.
R75.00
“Wat laat ‘n storie uitloop op papier?”
Is dit ‘n gelukkige, rustige wêreld op Gouda? Is dit die wêreld se ver, groot-oog plekke en na-dink gesprekke? Of is dit kwessies van hierdie eintste wêreld wat ‘n man se binneste omkrap?
Toe Pieter – ‘n geoloog, familie-man en natuurliefhebber – bang begin word vir voorkant toe se vergeetjare, het hy sy onthou neergepen in die vorm van woord-sketse, dagboekinskrywings en gebede. Stories van Zastron tot Senégal tot Australië. Van vrae waarmee hy gestoei het. Van mense wat vir hom kosbaar was. Sy gesin het toe ná sy dood hierdie stories in bundel-vorm saamgestel en besluit om dit met die wêreld te deel.
So, jy word uitgenooi om nog bietjie tyd saam met Pieter deur te bring. Vat die boek en verbeel jou julle sit weer om ‘n bosveld-kampvuur met ‘n kondensmelkkoffie en gesels oor die wêreld en sy dinge.
“Daar is stories wat vertel is. Net omdat hulle vertel wou word.”