Die Bergpredikasie – Marlene Steyn
Marlene Steyn is getroud met Anton, en saam het hulle twee kinders en vyf kleinkinders. Beide Marlene en Anton is afgetree, wat hulle die voorreg bied om ruim tyd saam met mekaar te spandeer.
Byna tien jaar gelede het Marlene ‘n opdrag van die Here ontvang om ‘n Bybelstudie te skryf, en sy het onlangs die eerste deel daarvan voltooi. Hierdie studie is spesifiek ontwerp vir vroue of mans wat nie maklik toegang tot ‘n Bybelstudiegroep het nie en dus op hul eie Bybelstudie moet doen. Dit is so gestruktureer dat geen uitgebreide akademiese kennis nodig is nie, maar eerder fokus op die neerskryf van die wyse waarop God deur die Heilige Gees persoonlik onderrig en die waarheid geleidelik openbaar. Dit bied ‘n verrykende geestelike avontuur in gemeenskap met die Heilige Gees. Marlene het geen formele teologiese opleiding nie, maar sy ken Jesus persoonlik sedert sy nege jaar oud was. Vir byna 60 jaar is Jesus haar beste vriend. Haar passie, al van jongs af, is om mense te vertel van Jesus se verlossing. As fisioterapeut het sy ‘n bevredigende loopbaan gehad, waar sy die geleentheid gehad het om baie pasiente na Jesus as hul Verlosser te lei. Marlene se kerkagtergrond is in die Nederduits Gereformeerde Kerk, wat ‘n sterk konserwatiewe invloed in haar lewe laat. Tog vertrou sy dat God lesers verby haar tekortkominge sal lei om slegs op Hom, die Koning, te fokus.
Alle dank en eer gaan aan haar Vader, wat elkeen so liefhet dat Hy sy enigste Seun gestuur het om die prys vir ons sondes te betaal.