Jag jy of skiet jy nog? : Cobus Erasmus
A5, 245p.
R150.00
Jy moet altyd vir die gids luister. Jy moet nooit vir die gids luister nie. Maak seker wat die boer van jou verlang. Maak seker jy en die gids weet wat jy wil skiet. Weet jy waar en wat jy mag skiet, en wat dit kos? Kan jy biltong en wors maak? Wat weeg ’n bok gemiddeld? Sal jy ’n koffie-springbok kan jag? Lees gerus hier oor baie raakpunte tussen wildboerdery en jag.
Hoe lank jag jy al? Wat is die verskil tussen jag en skiet? Watter kwaliteite moet ’n mooi jagfoto hê? Wat is jou seining oor bakkie-jag; oor die regte geweer; oor die wildboer waar julle gaan jag; oor die jagters wat by jou kom jag; oor professionele jagters en gidse? Moet ons mekaar aanval of aanvul? En hoe lyk jou erfporsie aan ons nageslag?