Genade Katryn … alweer! – Katryn Bekker
A5, 181p.
R160.00
“Die matador het voetjie vir voetjie op die maat van die musiek geloop tot in die middel van die verhoog. Stadig en grasieus. Hy het gaan staan en sy voete vinnig op die houtvloer gekap. Een arm voor hom uit en die ander een half in die lug gebuig. Gevries en ʼn paar sekondes later het hy weer sy voete op die houtvloer gekap en sy arms het hulle posisie omgeruil. Die musiek het vinniger begin speel en met ʼn bolyf wat stilstaan en ʼn onderlyf wat beweeg het soos ʼn elektriese klitser het daai man losgetrek met voetbewegings wat enige normale man op die naat van sy rug sou laat beland het.”
“En dit alles net omdat die tannie agter my ʼn koppie “Red Bush met warm milk” bestel het en nee, ek was nie al een wat dit gehoor het nie! Selfs die kelner het ʼn oomblik nodig gehad om homself weer tot bedaring te bring.”
“Hy het uitgeklim en sy klere reg gevryf, die sonbril van sy oë afgehaal en sy hande stadig deur sy hare getrek, sonder om een keer na ons kant toe te kyk, al was hy deeglik daarvan bewus dat al die aandag op hom was. David Hasselhof homself kon dit nie beter gedoen het nie. Die man het gekom om te impress – dit was verseker.”
“Geld kan nie liefde koop nie, maar ek sou nooit kon raai dat ’n seun meer opgewonde kan wees oor twee onderarm hare as oor sy Xbox One nie.”