Ewewig, Taai Bonthuys se tweede digbundel, waar haar emosies vergestalt word in woorde oor die alledaagse gebeure wat haar pad gekruis het. Die onverwagse dood van ‘n vriendin het haar genoop om vir die eerste keer die pen op te neem en haar emosies met ink te laat vloei. Soos Taai sê woorde het hierdie ongesiene krag om te kan genees, ons siel te laat ontwaak en ons te help om die wêreld met ander oë te sien.
Die hoop is dat hierdie digbundel mense sal aanraak op die een of ander manier en sal laat besef dat ons ‘n balans in die lewe moet handhaaf. ‘n Ewewig sodat daar ook genesing van binne ons kan plaasvind en ook die besef dat daar altyd hoop is.