Shukran vir die Kunsoorlog in Sandland : Pieter Pienaar
A5, 385p.
R220.00
“Shukran” is die ware verhaal van ’n kunsonderwyser se komiese stryd in ’n Arabiese land waar hy vier jaar lank met ’n groot geraas werksaam was. Die stories in hierdie boek handel oor menswees, persoonlike drome, kuns, onderwysprobleme, oorlewingstaktieke, kos en vreemde oorsese vriende wat die lewe met mag en mening inkleur. Soos die leser sal agterkom, is dit nie aldag maklik om in ’n gasheerland te werk nie, maar die lewenslesse in die vreemde anker tog weereens jou geloof op eienaardige maniere in die mensdom.