Dis mos kos : Joey Pienaar
A5, 298p.
R275.00
Joey Pienaar van ‘Knuppeldik aan Koningskos’ en ‘Watertand Wenners’ faam en samesteller van nog twee ander resepteboeke, het in Suid-Afrika ‘n huishoudelike naam vir almal en oral geword. Plaaslik en tot in die buiteland, word sy tereg in die media as ‘Meesterbakster’, ‘Koskampioen’, en ‘Koningin van Resepte’ beskryf.
Dis mos kos is ‘n geskenkpak spesiaal vir jou, maar ook ‘n ideale geskenk vir ‘n gewaardeerde vriendin of familielid asook tydens verjaardae, troues, Kersfees, Moedersdag en enige ander geleentheid.