YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 98p. Woordwaarheid Kinderreeks
R50.00
Hierdie tien seuns het grootgeword om suksesvolle mans te wees. Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle veral gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik. Paul Brand het sy mediese kennis na verre lande geneem om hoop te bring vir siektes; Ghillean Prance se liefde vir die natuur het hom na Kew Gardens gelei, waar die skepping vandag nog bestudeer word; C.S. Lewis het die deur na Narnia geopen, en vir baie mense die deur tot geloof; C.T. Studd het uitgeblink op die krieketveld en die sendingveld; Wilfred Grenfell was ‘n ywerige ontdekkingsreisiger in Antarktika; J.S. Bach se musiek inspirer vandag nog miljoene mense; James Clerk Maxwell se geloof in die geordenheid van die skepping het tot sleutel ontdekkings in die wetenskap gelei; Samuel Morse se patente het ontwikkel om die lewens van baie mense te red; George Washington Carver kon ‘n lewe van welvarendheid en beroemdheid lei, maar hy het verkies om die Here te volg; John Bunyan was in die trunk, maar het ‘n boek geskryf wat tot vandag toe nog spreek.