Die Windbol Italianer – Sophia Gouws
A5, 142p.
R90.00
Liliaan is mal oor tennis. Dit is haar enigste, grootste stokperdjie. Volgens haar waarneming op televisie is Fabio Faraldo, Italië se nommer een tennisspeler, ‘n windbol wat maklik sy humeur verloor en sy rakette rondgooi. Die skool, waar sy ‘n onderwyseres is, wen ‘n kompetisie en Fabio en sy span kom vir ‘n intensiewe afrigtingskamp Suid-Afrika toe. Dan leer sy die Italianer beter ken. Onder die windol arrogansie is ‘n aangename, sagte man wat mal is oor kinders. Min weet Liliaan dat hy ‘n voorstel het wat haar hele lewe gaan verander.