Die reis van ‘n pelgrim: John Bunyan : Brian H. Cosby
A5, 137p. Woordwaarheid Kinderreeks
R50.00
John Bunyan het ‘n opwindende lewe gelei. Hy het die sekuriteit van sy pa se werkswinkel verlaat om aan te sluit by die Parlementêre magte wat teen koning Charles geveg het. Maar mettertyd het die opwinding plek gemaak vir ‘n verlange na iets meer. In die hitte van die stryd het ‘n vriend vir John gevra of hy “ware geloof” het. Vir die eerste keer het John Bunyan gehoor dat die enigste manier om in die hemel te kom, is deur in Jesus Christus en Sy offer aan die kruis te glo.