Toersprokies 3 – Marietjie Beukes
Kom reis gerus saam na die verre Amerika wat toe nie die tipiese rolprentland is nie. Treur oor oorloë by die Viëtnammuur en in Arlington begraafplaas. Kom stap the city that never sleeps, ja, wie droom nie om in New York te stap nie! In die tweede deel van hierdie boek tref die eeue-oue Brittanje jou. Kom drink saam Diana tee en luister na die bloubloed skinderstories, of stap die pad terug in tyd tot 8 000 jaar gelede by die oue neolitiese klippe: die standing stones. Soms neem die gebeure die skrywer op ‘n spoor en dan las sy ‘n lekker liegsprokie by.