T3 Tarzan en sy diere : Edgar Rice Burroughs
A5, 186p.
R130.00
Noudat hy die ryk Lord Greystoke is, word Tarzan die teiken van gierige en gevaarlike mense. Sy kind word ontvoer, sy vrou weggevoer, en Tarzan gestrand gelaat op ʼn afgeleë eiland, waar hy skynbaar magteloos is. Maar met die hulp van Sheeta, ʼn swart luiperd, en Akut, ʼn Groot Aap, ontsnap die Aapman. Saam met die reus Mugambi bereik hulle die vasteland, en sny die spoor van die ontvoerders. Tarzan is op soek na sy seun en sy vrou, en ʼn wraak wat slegs ʼn menslike dier van die oerwoud kan uitdink. Maar die manne wat Tarzan soek, het diep na die binneland gevlug, en die spoor is oud en dof…