Stukkend : Cobus Erasmus
A5, 238p.
R190.00
Hoe tel ‘n mens die stukke van die halfgeboude legkaart van jou lewe weer op ná ‘n lewensveranderende gebeurtenis? Bly jy stukkend – of bly jy lewe en hou aan om die legkaart te voltooi?
Die Erasmus-gesin beleef groot trauma wanneer twee van die boeties koelbloedig geskiet word, en die hele gesin moet wys waarom en of hulle in God glo. Hoe berei ‘n mens jou voor op dit waarop jy jou nie kan voorberei nie?
In die Fourie-gesin word die kinders in ‘n groot trauma gedompel toe hul ouers 11 maande na mekaar sterf. Hoe hanteer ‘n mens – of erger nog, kinders – so ‘n situasie? Waar was God? Waar is God vandag in jou situasie?
Lees gerus in hierdie boek hoe God steeds wonderwerke doen.