Soveel Jare : Louis Rautenbach
A5, 266p.
R125.00
Die boek handel hoofsaaklik oor ’n man wat as baba van sy ouers weggeneem en vir aanneming afgegee word. Sonder dat sy eie familie weet waar hy hom bevind, en onbewus van sy herkoms vanuit ’n groot familie waarna hy as enigste kind soveel keer gesmag het, leef hy ’n unieke en interessante lewe totdat hy onverwags met die waarheid gekonfronteer word.
Ons reis vir ongeveer sestig jaar oor hierdie lewenspad wat soms ongelyk en klipperig voorkom. Die leser sal sien watter leemte in die lewe kan ontstaan terwyl jou geliefde onder die valse indruk verkeer dat hulle die beste om jou ontwil doen.