email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Sim Sala Bim: Die Avonture van ‘n Boereverneuker – Gerhard de Bruin

A5, 108p.

R269.00

Deur Jannie de Bruin – Kulkunstenaar en Buikspreker. Bonus ingesluit: Vereenvoudigde lesse in Buikspraak.

Die Kulkunstenaar en Buikspreker Jannie de Bruin en sy twee pratende poppe Tommie Thomson en Jackie Jackson, is legendaries op Suid Afrikaanse verhoë. Hierdie boek gaan oor die interessante lewe van hierdie formidabele kunstenaar en sy ewe talentvolle vrou, Zurika – gedagteleser, swaardloper en vuureter. Die leser kry die kans om saam met hierdie merkwaardige egpaar op hul lewenspad terug te loop en hul avonture as die land se voorste “boereverneukers” eerstehands te ervaar. Ons hoor uit Jannie se eie mond  hoe hy en Zurika mense vermaak het, landwyd laat skater het van die lag en ook in hul stoele laat vries het. Ons toer ook saam met hulle van dorp tot dorp in karavane en oor stofpaaie en kry met talle fotos insae in hoe hulle die vermaaklikheidswêreld oor die laaste 65 jaar getem het. Ons leer so met sy vertellings ook meer oor die ontwikkeling van die kunste in ons land, van al die interessante mense wat hulle deur die jare ontmoet het en van die onvergeetlike gebeurtenisse op hul lewenspad. Die leser sal beslis hierdie boek nie kan neersit nie.

En as bonus ingebind by die boek, word ‘n kursus in buikspraak ingesluit. Jannie het die kursus waarin hy enige persoon wat daarin belangstel in kort, eenvoudige stappe leer hoe om die kuns te bemeester, ontwikkel om jongmense te inspireer en te verseker dat hierdie unieke kunsvorm nie uitsterf nie.

0