Op soek na Jacobus Verster : Francois Verster
A4, 160p
R220.00
Dr. Francois Verster, historikus en argivaris, se jarelange soektog na sy voorvader Jacobus Verster (1732-1782) word in hierdie boek beskryf, met verwysings na familiestambome en -wapens, primêre en sekondêre navorsingsbronne, en besoeke aan plase en dorpe – ook in Nederland waar die Versters spore agtergelaat het. ‘n Belangrike deel van die boek handel oor Jacobus se skeepsjoernaal en die omstandighede waarin 17de-eeuse seevaarders moes oorleef. Ook word die lewe in Europa en die ou Kaap tydens Jacobus se leeftyd aan die leser bekendgestel, sodat dié boek veel méér as ’n familiesage is.