YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 272p.
R180.00
Operasie Blouwildebees
Die Veiligheidspolisie het inligting bekom dat buitelandsopgeleide SWAPO (PLAN)-vryheidsvegters in Mei 1966 die eerste opleidingskamp in Ovamboland gestig het. Manskappe is onder die plaaslike bevolking gewerf. Ander insypelaars was in klein groepies besig om deur die Okavangu te infiltreer en enkelinge het sover as Tsumkwe in Boesmanland gevorder. Ander het weer geleidelik op die plase van die plaaslike boere geïnfiltreer.
“Vang hulle!” was Eerste Minister Verwoerd se opdrag.
Die Suid-Afrikaanse Polisie, met elemente van die Suid-Afrikaanse Weermag wat onder die dekking van SAP opgetree het, was verantwoordelik vir die begin van die 23-jarige grensoorlog met ‘n aanval op die basis te Ongulumbashe op 26 Augustus 1966.
Dit was die eerste keer dat ‘n gesamentlike aanvalsmag deur polisie en troepe, met die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Lugmag teen insypelaars opgetree het. Troepe van die 1 Valskerm bataljon was die eerste Suid-Afrikaanse Leërelement wat vir die eerste keer na die tweede wêreldoorlog, weer aksie gesien het.
‘n Aksie-belaaide ooggetuieverslag en ‘n kykie agter die skerms van Operasie Blouwildebees. ‘n Operasie met baie eerstes! Veral van belang vir die Geskiedkundige-liefhebbers! Die boek gee ook insig in die leefwyse van die Ovambo’s, die felle omgewing, en dit politieke kwessies van daardie tyd.