‘n Hart vir verlorenes: David Brainerd : Brian H. Cosby
A5, 130p. Woordwaarheid Kinderreeks
R50.00
Die lewe op die Amerikaanse voorposte in die vroeë 1700’s was baie moeilik: daar was die voortdurende bedreiging van siektes, aanvalle deur Indiane en die bitter koue winters. Die Engelse en die plaaslike Indiane het langs mekaar gewoon, end it het dikwels tot skermutselings gelei. David Brainerd was egter ‘n vreeslose sendeling wat met ‘n hart van liefde na ‘n hele aantal Indiaanse stamme in Amerika uitgereik het. Hy het te perd deur riviere, oor berge en deur dorpe gereis om die Evangelie van die Here Jesus aan verlorenes, lydendes en gebrokenes te bring.