Mandleve – Louis Olivier
A5, 284p.
R200.00
Louis matrikuleer aan die Hoërskool Ben Vorster, Tzaneen. Na sy diensplig begin hy as 20-jarige in die Nasionale Krugerwildtuin werk. Gedurende sy loopbaan ontvang hy die Woltemade-dekorasie vir Dapperheid en later Nasionale Parkeraad se Krugerkruis vir Buitegewone Dapperheid. Hy behaal sy Meestersgraad in Natuurbewaring aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Louis vertel van sy ervarings in die Krugerwildtuin – die beste werksplek op aarde.