YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 142p.
R160.00
Die verhaal van Ragel en Jakob, en die onreg wat hulle aangedoen is, het ook ’n anderkant gehad. Anet Jansen spits haar toe om die verhaal van Lea, die verontregte vrou en suster van Ragel, wat eens ongeliefd, verstote en ongewens was, op ’n deernisvolle wyse te vertel. Die vrou wat deur haar pa, Laban, op ’n skelm wyse aan haar suster se geliefde as vrou gegee is, wat die pyn en hartseer van verwerping moes ervaar, maar deur haar geloof en met die genade van Jahwe, oorwinning behaal het.
Die leser leer ken Lea as ’n sterk vrou van geloof. ’n Vrou wat genade ontvang van haar Skepper en uiteindelik ook die liefde en agting van haar man en gesin wen. Waar sy eens moes terugstaan en in die skadu van haar suster lewe, het Jahwe haar veelvoudig geseën en het haar lewe handomkeer verander.
Kom verloor jouself in hierdie ou, treffende Bybelverhaal, wat op ’n unieke wyse vanuit ’n ander oogpunt en perspektief uitgebeeld word. ’n Tydlose verhaal waarby soveel van ons nog steeds aanklank sal vind en vele lesse uit kan leer.