Kodeks – Pieter F. Bruwer
A5, 696p.
R250.00
Kodeks bevat ’n 700-tal versamelde verse uit die pen van Pieter F. Bruwer. Hul is geskryf in ons pragtige Afrikaanse taal en vloei vanuit ’n Christelik-volkseie lewens-en-wêreldbeskouing wat spreek van meelewing met ons volk se wel en weë oor vele dekades heen. Daarbenewens bestryk hierdie verse ook die volle omvang van ons bestaanswerklikheid en is hul gevolglik saamgevat in ’n veertiental afdelings wat onder andere die volgende insluit: Natuurverse, Taal-en-Digverse, Lewensverse, Geestesverse, Geloofsverse, Liefdesverse, Krygsverse, Politieke-verse, Volks-en-Plaasverse en meer. Gevolglik bevat hierdie Kodeks beslis iets vir elke belangstellingsveld en smaak.