Kersbos – Naomi Maree
A5, 196p.
R140.00
Toe Karina Basson daardie nag op die vloer van haar armoedige woonstel wakker word, het sy net vier dinge met groot sekerheid geweet – dat sy ’n erge griep het, dat sy geheueverlies het, dat sy gedreig word om pad te gee omdat sy ’n krimineel is end at sy deur die nag aangerand is. Oor al die ander dinge wat voorheen in haar lewe gebeur het, was ’n swart laken getrek.
Kersbos is ook die verhaal van ’n droë Karooplaas wat met die “Gawe van God” uit die hand van ’n knellende droogte gered word.