YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 278p.
R140.00
Isobel Mansard se soektog na haar kind wat uit ’n weeshuis in Nederland van haar gesteel is, bring haar uiteindelik by die Kaap De Goede Hoop uit.
Haar blonde skoonheid laat die Kaap se mans in vervoering en die meisies in histerie. Veral die verwende dogter van die sekunde, Christina, verklaar openlik oorlog omdat die groot Spanjaard en sy seuntjie ook wys dat hulle lief is vir haar. Onbewustelik verwerf sy vir haarself die naam van ’n koue, afsydige porseleinpop. Haar hartseer en verlange na haar kind ken geen perke nie. Sy haat die mense wat haar kind sonder haar toestemming “aangeneem” het en sy sweer weer dat sy nie sal rus voordat sy klein Emile opgespoor het nie. Maar as sy geweet het hoeveel hartseer en pyn hierdie soektog na haar kind vir haar sou bring, sou sy liewer daar in die Patria gebly het.