YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 113p.
R130.00
Ons leef in ‘n stukkende, wrede, onregverdige wêreld, waar sonde hoogty vier en die hoof element van vernietiging is. Bitter min mense, indien enige, gaan ongeskonde deur die lewe. Ons almal kry êrens langs die lewenspad seer, party net in ‘n baie erger mate.
Die mens beskik nie oor die mag, of sal nooit kan bepaal hoe ander teenoor jou gaan en moet optree nie – wat hulle vir jou sê en wat hulle doen nie – MAAR, ons het altyd ‘n keuse hoe ons dit hanteer. En hoe jy dit hanteer, maak van jou ‘n wenner of verloorder.
Jy hoef nie ‘n slagoffer van jou omstandighede te wees nie. Jy kan en mag losbreek en wegstap uit ‘n situasie wat vir jou ondraaglik word. Elke mens is dit aan hulself verskuldig om ‘jouself’ te beskerm. Niemand, behalwe God, het mag oor jou lewe nie, tensy jy dit aan daardie persoon gee en toelaat.
Om ‘n ander persoon se storie te lees, bring bietjie meer perspektief, vanuit ‘n buite-oogpunt, as wanneer jy self vasgevang is in ‘n situasie waar jy die magtelose slagoffer is.
Die Judas web-bundel is ‘n inisiatief deur SA Skrywers, en verslaande, vernielde mense (vroue, mans en kinders) wat, deur hulle stories te deel, hoop wil bring. Hoop op bevryding uit situasies wat jou menswees knak en totaal kan vernietig. ’n Boodskap wil uitskree aan die wêreld daarbuite, sowel as aan al die Judasse: “Tot hiertoe en nie verder nie!”