YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 110p.
R130.00
Hierdie verhaal van Jan en Marie (Maria) van Riebeeck is geweef uit die stof van die lewe; die familie se lief en leed, hartseer en vreugdes, goed en sleg; die daaglikse stryd om dit hier te ‘maak’. En tussen daardie drade van menswees is die geskiedenis van daardie vroeë jare geweef – die vroeë jare in Holland, ‘n knertsie kuns en kultuur in Europa. En dan verder aan die lewe in die Kaap – die Kaap van Goeie Hoop. Hoe anders dit gemanifesteer het, sou hulle nooit kon raai nie. Maar agter dit was daar die droom, die deursettingsvermoë, en die wil om ‘n sukses daarvan te maak.
In ons hedendaagse lewe kan mens net terugkyk na hierdie eerste twee baanbrekers van ons land. Dan staan ons verwonderd en besef dat hulle bereid was om hier in die vreemde te kom sterf vir hulle diens.