YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 440p.
R350.00
Tussen die omslag van enige boek berus daar ‘n taak op die skouer van ‘n skrywer; ‘n taak van wonder oomblikke, ‘n offerande voor die leser, ‘n grootse ootmoedigheid, ‘n eerlikheid en die grootste hiervan, ‘n liefde vir die kuns.
Poësie was, deur die eeue, en is steeds vandag ‘n oproep deur die digter aan die leser om sy oor en sy gemoed uit te leen; dit te verhuur vir ‘n kort oomblik om oorrompel te word. Dit is ‘n lewenslange verhaal, gekondenseer om in ‘n paar strofes, geweegde sinne en kosbare woorde ‘n impak te maak. Dit kom ook nie sonder die nodige verantwoordelikheid nie. Die digter moet die stem en gewete van sy/haar omgewing word, sodat elke woord nooit doodgebore sal wees nie, maar sal inspireer, leer en vermaak. Robert Graves se dit raak: “Daar steek nie geld in gedigte nie, maar andersyds is daar ook nie poësie in geld nie.”
Mag elke woord, elke gedagte, sin, strofe en idee jou verlei om dit oor en oor te lees.