YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
210×210, 36p. Volkleur.
R153.00
Leer speel-speel om beter te lees met die avonture van ’n reëndruppel wat in die lug vriende maak met ’n arend. In die water maak sy vriende met ’n vis en dan plons en dans sy saam met ’n padda. Wanneer sy uiteindelik terugwaai na die wolke toe, spring sy en haar reëndruppelmaats af aarde toe as reën. En dis waar die bye en die blommetjies in die storie kom …
Hierdie kinderboek is uitsluitlik met 233 woorde uit ’n woordelys van Graad een en -twee leerlinge geskryf.
Die maklik leesbare font wat in die boek gebruik word, “Lilla Letter Lover” is spesiaal vir beginnerlesers ontwerp om te dien as ’n brug tussen handgeskrewe letters en formele drukletters.