email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

“Here, raak my aan!” – Cules Hammann

A5, 69p. Intieme gesprekke met God

SKU: ISBN: 978-1-77626-010-2 Categories: ,

R100.00

Cules Hammann is bekend as skrywer van veral Bybelromans soos Lidia die purperverkoopster en meer onlangs Eiland van Lig en Dawid. Hy het ook ‘n passie vir gebed en neem die afgelope jare die leiding  by sy gemeente se gebedsbediening. Hy skryf gereeld bydraes oor gebed en getuienis vir die gemeentebrief en beywer hom vir samewerking tussen ‘n netwerk van gemeentes in Pretoria.

Hierdie gesprekke probeer om deur die gebruik van ‘n verskeidenheid gebedstemas bidders in krisistye te bemoedig en te versterk. Dit het ‘n intieme toonaard, wat getuig van die opsteller se persoonlike verhouding met God as Skepper en Vader.

Aan die hand van spesifieke gebede en temas word daar veral op kinders van die Here se ingesteldheid teenoor die koronavirus gefokus, maar ook op kernsake soos lyding, vervolging, herlewing en voorbidding vir ons leiers asook vir ons land en sy mense.

Gebedstemas soos “aanraking” en “aanbidding” word gebruik en vind veral aansluiting by die wêreldwye koronavirus wat moontlik ook bidders in onsekerheid en selfs vrees dompel.

Van die aangrypendste gebede in die Bybel, van dié  van Dawid en Salomo tot Jesus se gebed vir sy dissipels en Paulus se  intieme gebede vir sy gemeentes, is ook  in hierdie bundel opgeneem.

Te midde van buitengewone omstandighede val die klem heeltyd op hoop, die lewende hoop Jesus Christus, en sy volgelinge as draers van hoop.

Ons nooi jou dan ook uit om deel te word van hierdie ingesteldheid waarmee ons  in tye van afsondering ons algehele afhanklikheid van die Here bely en terselfdertyd leer om nuut en anders oor God en mense te dink.

0