Geel fietse en “donkey drops” – Lukas Kruger
A5, 72p.
R125.00
Wat ʼn skeldnaam moes gewees het, het ʼn groepie van vier vriende in ʼn positiewe versamelnaam verander. Die Gutters het saam-saam vele avonture beleef. Hierdie bundel kortverhale is ʼn klein weergawe van die “missies” waarop hulle gegaan het. Predikante, onderwysers en bekende persone het deurgeloop onder die streke van die Gutters. Met hul geel fietse as identiteit, avontuurlus as eienskap en oë om geleenthede raak te sien, was hulle ʼn gedugte span.