Gedagtes van ‘n man : Charles Skeen
A5, 119p.
R100.00
In klank, kleur en geur het Charles Skeen geboorte aan sy nuutste digbundel, Gedagtes van ’n man, gegee. Die digter neem die leser reeds vanaf die eerste paar gedigte op ’n woordavontuur.
Dié avontuur neem die leser op ’n reis deur ons land, die natuur, filosofiese denke en geestelike wysheid. Die inhoud word met die grootste gebod – liefde – verbind.
Trots Afrikaanse spreekwoorde wat keurig in sy werk saamgevat is, skep ’n nostalgiese gevoel by die leser. Charles se skryfstyl en aanwending van uitheffingstegnieke (deur middel van tipografie) beïndruk op ‘n manier wat enig in sy soort is.
Gedagtes van ’n man bied vele stof tot nadenke en is propvol inspirasie vir die siel en gees. Hierdie is voorwaar ’n bundel wat nuwe lewe aan jou koffietafel sal gee.
Resensie deur Francois Meyer.