Die hantering van Traumagebeurtenisse in ons lewe – Johan Botha
A5, 254p.
R165.00
Gister is vir altyd verby, môre kan dalk nooit aanbreek nie, maar ons het nou daardie geleentheid.
Hierdie boek gaan oor twee meisies van dieselfde skool. Hulle was nie noodwendig maats gewees nie, maar hulle het smiddae saam onder die ou boom by die skool gesit en wag om opgelaai te word. Die ‘mooi enetjie’ en die ‘sportiewe enetjie’. Albei is in twee afsonderlike traumatiese motorongelukke betrokke. Op ’n onverklaarbare wyse kruis my pad met die twee meisies en begin ek as ’n ‘leek’ met my traumabediening. Dit wat ek geleer het van traumabediening het ek in hierdie boek opgeteken.
Hierdie is ’n boek wat nie ’n einde het nie. Trauma hou nooit op nie. Ek het as ’n ‘leek’ begin en einding as ’n ‘leek’ aan die einde van die boek.