Die Blacks van Wilgerdal, Tsitsikamma – Lizeth Taljaard
A4, 85p.
R200.00
ERFSTUK VAN HERINNERINGE
Die Blacks van die Tsitsikamma se voorgeskiedenis is gekenmerk deur lewens van nederigheid en eenvoud: ʼn lewe na aan die ongerepte natuur.
Hierdie boek is ʼn eerlike weergawe van die bestaanslewe van die Black voorouers in die Tsitsikamma, asook die materiële en intellektuele ontwikkeling van hulle nageslag. Naas die genealogie en familiefoto’s word staaltjies van stoutighede, oomblikke van erns en ander kosbare herinneringe deur neefs en niggies oorvertel.
Hierdeur wil ons vir volgende generasies ʼn erfstuk van herinneringe skep: ʼn fondasie waarop hulle hul eie unieke toekoms verder kan uitbou.