Die begin van hervorming: Martin Luther : Catherine Mackenzie
A5, 105p. Woordwaarheid Kinderreeks
R50.00
Martin Luther, wat in 1483 gebore is, was die begaafde oudste seun van ‘n myner. Sy ouers het geraap en geskraap om vir hom dít te gee wat hulle nooit gehad het nie: ‘n uitstekende geleerdheid, ‘n belowende loopbaan, ‘n toekoms… maar hulle planne was nie God se planne nie. Toe Martin op ‘n dag op pad terug was universiteit toe, het ‘n donderstorm dit alles verander. Die bedreiging van weerlig het hom paniekbevange gemaak en hom tot binne-in ‘n klooster gedryf. Hoe het hierdie verandering in die weer die koers van die wêreld verander? Hoe het dit die vuur in ‘n man se hart aan die brand gesteek – en uiteindelik die kerk van dwaling tot hoop verander? Lees die verhaal van Martin Luther om uit te vind.