Dans vir die Troebadoer – Nanna Gouws
A5, 170p.
R200.00
Nandi word wakker uit haar bewusteloosheid en bevind haar in ʼn kleedkamer van ʼn bekende pitstop. Sy kom dadelik agter dat sy niks kan onthou nie, ook nie eers haar naam nie.
Toevallig is dit die bekende troebadoer, Rupert, wat tans die land vol toer, op wie se pad sy kom en hulle gee haar die naam DC, en nooi haar om verder saam met hulle te toer. Sy word gou deel van hulle en neem selfs deel aan van die vertonings.
Daar is egter ʼn slordige man, in ʼn rooi motor wat hulle terroriseer en haar gedurig volg. Sy ken hom nie en kan nie onthou of hy deel van haar verlede is nie, maar weet dat sy vir haar lewe vrees wanneer hy naby is.
Rupert is bang om sy gevoelens vir die pragtige meisie te wys omdat hy nie seker is of iemand uit haar verlede haar dalk kan kom opeis nie.
Toe word sy ontvoer! Nandi twyfel of sy hierdie wrede man se kloue sal kan vryspring en oorleef.