T24 Tarzan en die skipbreukelinge : Edgar Rice Burroughs
Ná ʼn skipbreuk op ʼn onbekende eiland in die Stille Oseaan moet Tarzan ʼn geselskap van verskillende nasionaliteite help om hulle uit die kloue van ʼn groep muiters te hou wat deur ʼn maniak aangevoer word. ʼn Verlore kolonie van die Majas, altyd op soek na menslike offerandes vir hulle barbaarse rituele, vererger sake. Maar die aapman het onverwagse bondgenote – saam met die skipbreukelinge het hy ʼn vrag wilde diere uit Afrika vrygelaat, wat vrees by die Majas en die muiters inboesem, maar hulle is ou vriende of bekende vyande van die man wat tussen hulle grootgeword het –Tarzan van die Ape.