Treë van my hart – André Gous
Sommige woorde word nie geskryf nie – hulle word geleef.
Treë van my hart versamel meer as twee dekades se gedigte, van 2004 tot 2026, geskryf op stil aande, op verre plekke en in tye toe woorde al was wat oorgebly het. Die gedigte beweeg vrylik tussen Afrikaans en Engels en praat van geloof en twyfel, liefde en verlies, die veld, die bos en die see, en die gewone mense wat ’n lewe ryk maak.
Party gedigte is ’n gebed, party ’n vraag, en party bloot ’n oomblik wat vasgevang is. Saam vorm hulle ’n eerlike reis deur gebrokenheid na hoop – ’n getuienis van ’n hart wat, selfs in die donker, moedig aanstap.