Ons, die Vrou – Karel PJ Nel
A5, 58p.
’n Kykie in die wese van die vrou…
Hierdie is nie ‘n lekkerlees bundeltjie versies nie want dit is nie bedoel om te vermaak of iemand iets te leer nie – maar om die denker stof te gee om oor te peins.
Dit is ‘n waarheid (onder mans) dat mens ‘n vrou nie kan verstaan nie en ek twyfel of die moderne filosofiese landskap van geslagsgelykheid enigsins daaraan sal verander. Hierdie bundel bevat ‘n versameling van beknopte buitelyne van ‘n aantal belangrike en invloedryke vroue se lewens uit die wereldgeskiedenis in ‘n rigiede versvorm.
Uit die verskeidenheid van legkaartstukkies in die boks (sonder ‘n prentjie op die deksel) kan die denkende leser sy eie legkaart voltooi.