Van Wallis tot Westminster: Martyn Lloyd-Jones : Christopher Catherwood
A5, 122p. Woordwaarheid Kinderreeks
R50.00
“Vuur, vuur!” – die benoude geskreeu het deur die strate van ‘n klein Walliese dorpie weergalm. Bure het desperate pogings aangewend om vuurblussers gereed te kry, terwyl die Lloyd-Jones gesin vas aan die slaap was, salig onbewus daarvan dat hulle huis besig was om af te brand. Martyn, wat maar tien jaar oud was, was snoesig in sy warm bed, maar sy lewe was in gevaar. Wat het van Martyn geword? Hoe het die vuur hom en sy gesin geraak? Het alles op die ou end maar weer reggekom?