Uit dal van doodskaduwee : Magdalena Helena Mouton
A5, 154p.
R120.00
Stel jou voor; ‘n Kindjie van onder vyf jaar oud staan kaalvoet op die stoep met helder traantjies wat van haar dof-hartseer ogies rol terwyl haar ma haar agterlaat.
‘n Dogtertjie wat tussen die ouderdom van vyf tot twaalf deur haar stiefma mishandel en verneder word tot sy totaal afgebreek en van haar menslikheid gestroop is en terug vlug na haar eie ma.
‘n Dogter van onder twaalf wat na twee in die oggend ure wakker word met ‘n wrede, roekelose verkragter bo-op haar. Daardie dogter word jarelank as seksslaaf deur haar stiefpa en sy broer mishandel en haar eie ma het al hierdie jare nooit haar angskrete en gesoebat vir genade “gehoor” nie.
Op die ouderdom van sestien word sy swanger en moet alleen in ‘n kliniek ‘n aborsie ondergaan. Daardie meisie word deur haar eie ma verstoot en uit die huis gejaag. Sy baklei ‘n daaglikse stryd om aanvaar te word en selfskending word haar troosting.
Hier is die ware lewensverhaal van daardie meisie.