YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 204p.
R150.00
Vir jare al loop ek met hierdie storie, hierdie inhoud in my, hierdie brandende begeerte om my lewensverhaal te deel met die wêreld daar buite.
Dis ’n storie wat werd is om gedeel te word. Dis ’n stortvloed woorde binne-in my wat brand om uitgestort te word. Dis ’n verhaal wat vertel móét word.
Dit het eintlik al gestalte begin kry hier vroeg in die jare 2000. Soos ’n goeie wyn wat verouder het hierdie magdom woorde hulself in my gedagtes georganiseer, gegroepeer en ryp geword.
Dis tyd om die ryp vrugte te pluk. Ek vertrou dit sal ’n soet smaak in die mond van elkeen nalaat wat dit ontvang.
Ek deel met u… Sperstrepe van die lewe. Eenvoudig gestel: Dis openhartig en eerlik; laat stof tot nadenke en vereis selfondersoek; dwing gesprek en debatvoering af; ontlok emosie, maar is tog vervullend; uniek, maar terselfdertyd interessant. Koop gerus. Dis ‘n móét lees.