Noupoort : Pieter Bonthuyzen
A5, 194p.
R150.00
Wanneer Angelique Muller wegloop na ‘n kinderlewe vol seerkry en pyn, bevind sy haarself ‘n paar jaar later vasgevang in ‘n leefstyl van dwelms en drank wat byna haar lewe eis. Kort voor lank was sy terug in Noupoort waar sy omring word deur hartsmense wat haar bystaan en haar lewe weer sin gee.
Angy staan skielik op ‘n kruispad waar sy haar pa moet vergewe. Dit raak vir haar ‘n sielswroeging en so begin sy die reis deur haarself om tot op die punt van vergifnis te kom. Sy besef gou dat vergifnis net op een plek verkry kan word…. Anderkant die nou poort.
Haar beste vriend uit haar kinderdae maak onverwags sy verskyning. Pieter Truter het self gevlug om van die spoke in sy kop, en dalk ook sy hart, ontslae te raak. Dié twee boesem-vriende het albei ‘n moeilike pad om te stap, om tot by die vars, windpomp-water van vergifnis uit te kom.