YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A4, 86p.
R130.00
Oom Hendrik se Kleintyd herinneringe en kontrei-stories is ‘n ware juweelkissie vol interessante verhaaltjies. Sommige van hulle is erfstukke, soos ‘Die Vrou en die klavier’ wat uit so vroeg as die Boere-oorlog dateer.
Ander verhale verklap weer heelwat familie-geskiedenis en vertel verhale oor toonaangewende Hancke-familielede uit vroeëre geslagte. Van daar af groei dit egter wyer uit om ook stories oor talle ander interessante karakters, beide wit en swart, in te sluit wat ‘n rol in die ontwikkeling van die boerdery en skaapbedryf op die Hoëveld gespeel het.
Die bundel se oorsprong lê in versoeke van familie-lede dat oom Hendrik sy herinneringe moes opteken om te verhoed dat hul verlore sou gaan. Hierdeur het ‘n onskatbare stukkie Africana egter gestalte gekry oor die Boere se vroeë pionierslewe op die Hoëveld – iets wat ‘n aanwins vir enige boekrak sal wees.