Jossie: Vlinders is nie verniet nie – Lumè Streso
A5, 237p.
R230.00
Jossie, was op ’n baie jong ouderdom reeds blootgestel aan ervarings waarvan dogtertjies nog nie behoort te weet nie en uit haar kokon van kindwees geruk lank voor die tyd. Haar kinderoë lyk onskuldig en bang. As oorlewingstegniek het sy geleer om uit haar liggaam “pad te gee”. Te vlug, soos skoenlappers! Maar Jossie het met haar hartsgeheim wat soos ’n loodjas om haar hart en skouers gehang het, gelag, gespeel en gedroom.
Emosies die kleur van jou siel, en iets moois. ’n Mens moet kan voel. Jy mag, want jy lewe. En as die reënboog van emosies pragtige kleure deur jou trane in jou hart los – wéét dat dit tyd geword het om te lag!