YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 176p.
R90.00
Die verhaal van Jona was vir 600 jaar lank in die Heilige Skrifte van die Ou Testament voordat enigiemand geweet het wat die presiese betekenis of bedoeling van hierdie geskiedkundige verhaal is. Vir die meeste was die boek Jona maar net ‘n merkwaardige verhaal van ‘n Hebreeuse profeet.
Eers toe Jesus Christus 600 jaar later op aarde kom lewe, het Hy die werklike betekenis van die Jonaverhaal skielik duidelik gemaak. In net ‘n paar woorde het Jesus goddelike lig op die boek Jona laat skyn sodat die boek veel meer betekenis het as net geskiedenis, spekulasie, tradisie, fabel of fiksie. Jesus het gesê: “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel: want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en meer – as Jona is hier!” Matt. 12:40-41.