YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 336p.
R250.00
Johann Voges het in 2019 afgetree na 40 jaar in die bediening, in twee gemeentes voltyds en drie deeltyds. Hy is ʼn pa van vyf eie kinders en drie aangetroudes en ʼn oupa van vyf kleinkinders en vir 47 jaar getroud met die ma en ouma van hulle almal. Martie is ongelukkig in April 2021 oorlede na ʼn 4 jaar se sinkplaatpad wat sy met kanker geloop moes kry.
Terwyl Johann met MSc Agric aan die Universiteit van Pretoria besig was (1972 – 1974) het hy teologie begin studeer en ʼn BD graad in Teologie (1977) en ʼn nagraadse Diploma in Teologie (1978) by Tukkies se Teologiese Fakulteit verwerf. Terwyl hy in Lynnwood gemeente predikant is, verwerf hy ʼn DTh in Praktiese Teologie by Unisa (1995). Hy was voltyds predikant in Standerton (1979 – 1982) en Lynnwood (1982 – 2012) gemeentes en ook betrokke in die Noordelike en Algemene Sinodes se werksaamhede en ʼn moderamen lid van beide sinodes (1994 – 2012). Na sy aftrede was hy deeltyds predikant in Sabie (2013 – 2016), Graskop (2013 – 2015) en Chrissiesmeer (2017 – 2019) gemeentes. Hy was ook hulpprediker in NHKSA Witrivier (2014 – 2015).
Na sy aftrede het hy meer voltyds begin skrywe en publiseer ‘Daarom kan ek sing’ (CUM Boeke 2016) en ‘Miskien is daar hoop’ (CLF 2020) en ‘Anderkant twyfel’ (CLF 2022). Hy was ook medeskrywer in ‘Praat met my’ (Dibukeng 1991), ‘ʼn Bietjie reën’ (BybelMedia 2019), ‘Mansgenoeg’ (Carpe Diem Media 2020) en ‘ʼn Hand vol hoop’ (BybelMedia 2021).