Jesus in die kansel : Jurgens Prinsloo
A5, 123p.
R80.00
‘n Tyd gelede was die “what would Jesus do” slagspreuk baie gewild en is daar selfs boeke en bandjies verkoop met die “W.W.J.D.” slagspreuk. Hierdie boek fokus op wat Jesus sou preek, as Hy die kansels van ons land bestyg. Lenard Ravenhill het gesê “As Jesus dieselfde boodskappe preek as predikers vandag sou hulle Hom nooit gekruisig het nie.” Wil u hoor wat Jesus vandag sou preek?
“Die briewe in Openbaring aan die sewe gemeentes, is letterlik Jesus se preke vir die gemeentes. Hy het tyd aan die voorbereiding spandeer. Hy het moeite gedoen om dit op skrif te plaas. Hy het boodskappers geroep om dit af te lewer. Dit is sy direkte woorde aan hulle. Hierdie preke is nie beïnvloed deur kerklike dogma, menslike interpretasie of akademiese agtergrond nie. Dit is so suiwer soos bergwater.”