Ironman, Kanker & Ek – Nanze Els
A5, 98p.
R150.00
My naam is Tonelia Monanze Els; Nanze vir kort en Nan, as jy al ’n pad saam met my gestap het. Hierdie boek gaan oor ’n doodgewone ma met ’n buitengewone droom en ’n abnormale struikelblok voor haar. Ons word van kleins af geleer dat wat jy doen, belangrik is en dat jy spesiaal is. So gaan jy deur die lewe met die gedagte dat jy bulletproof is, tot daai één dag … daai één dag wanneer jou hele appalkar omgegooi word.