Helde met Hoewe: Fleur : Juliette Whelpton
A5, 69p.
R150.00
“Opsaal! Opsaal! Maak jou buikgord stewig vas, spring op jou perd en galop saam met my deur die verlede op ʼn historiese avontuur saam met dapper manne, verkenners, manhaftige ruiters en vierpotige helde.”
Hierdie is die verhaal van Fleur, die getroue perd van genl. Christiaan de Wet, soos vertel uit die perd se eie bek. Die reeks is opgedra aan al die onbesonge perdehelde waarvan 500 000 tydens die oorlog gesterf het, is geskiedkundig korrek en geskik vir lesers vanaf 9 tot 99. Kom deel in die interessante inligtingsbrokkies, gedige en liedere sodat jy sing-sing saam in die hoefspore, deur die stof van ons verlede, vir Dapper, Malperd, Rooibok, Generaal en die ander helde kan volg.